Hoërskool Vredendal leerders skitter aan die Olifantsvallei Eisteddfod
ADVERTISEMENT
Op Vrydag, 8 Mei, het Hoërskool Vredendal se leerders aan Olifantsvallei Eisteddfod deelgeneem. Hulle het hul oomblik op die verhoog benut om te wys hoeveel talent hulle in drama en sang het. Die uitslae was as volg:
- 8 leerders verwerf Cum Laude-toekennings
- 12 leerders verwerf Goud
- 11 leerders verwerf Silwer

Alani Laubscher (Graad 8), het die hoogste uitslag behaal. Sy het 98% met haar sangitem behaal.
Hierdie is een van die vele Eisteddfods waaraan ons vanjaar gaan deelneem en elke stukkie raad of kritiek wat gegee is, gaan gebruik en toegepas word. Een van die voordrag-beoordelaars het beklemtoon dat die kind wat voordrag doen, ‘n voordeel het bo ‘n ander. Êrens in ‘n mens se lewe moet jy voor vreemde mense praat en dan is ‘n mens dit gewoond. Eisteddfods is dus nie ‘n kompetisie nie, maar eerder ‘n geleentheid om ‘n diens, naamlik vermaak, aan ander te lewer. En natuurlik ‘n geleentheid om vaardighede te slyp! Ons sien uit na ons volgende geleentheid op 15 Mei – Calvinia Eisteddfod!










