Hoërskool Overkruin atlete presteer puik by die SA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Overkruin atlete het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe by die Pilditch-atletiekstadion (30 April tot 2 Mei) deelgeneem. Hulle het teen die beste in die land kragte gemeet en gewys uit watter staal hulle gemaak is.
Baie geluk aan ons uitblinkers:
- Natalie Moreland: 2de plek in Dogters o. 19 Hoogspring (Nasionale Silwer Medalje!)
- Tanya Stickells: 7de plek in Dogters o. 19 800m
- Onthatile Sebueng: 9de plek in Seuns o. 19 Hoogspring
Ons is geweldig trots op julle harde werk en die manier waarop julle Ovies op nasionale vlak verteenwoordig het. Hou aan om nuwe hoogtes te bereik!












