Laer Volkskool wen Interskole atletiekbyeenkoms
ADVERTISEMENT
Wat ‘n ongelooflike dag waarop Laer Volkskool se atlete hulle talente kon ten toon stel. Ons atlete het fantasties presteer en die dag gewen met ‘n punte totaal van 685 teenoor Union se 566. Laer Volkskool wen dus die eerste Interskole in die Eeufeesjaar!
Baie geluk aan elke atleet wat deelgeneem het, want dit het vir ons skool punte beteken. Baie geluk ook aan elke atleet wat onder die eerste drie geëindig het.
Nuwe rekords:
- Lee- Jon Blignaut: So.11: 80m: 11,25
- Deidré Alberts: Do.12: 100m: 14,28 en 150m: 21,46
Baie geluk met hierdie puik prestasies!
Baie dankie aan elke ondersteuner. ‘n Groot dankie en gelukwensing ook aan elke leerling vir julle puik gedrag! Baie dankie ook aan die Union skole wat die gasheer skole was. ‘n Volledige verslag van al die uitslae sal volgende week aan u deurgegee word.




















