Afrikaanse Hoër Meisieskool atlete presteer by die ASA Nasionale Senior Atletiekkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Christi Loggenberg, Kaylin Achurch en Hannah Plews van Afrikaanse Hoër Meisieskool wat pragtig presteer het tydens die ASA-Nasionale Senior Atletiekkampioenskappe in Stellenbosch. Christi verwerf goud as deel van die 4x400m-aflosspan en ‘n 4de plek in die 400m-hekkies. Kaylin verwerf 2 bronsmedaljes vir haar deelname aan die 4 x 400m- aflosse en Hannah behaal ‘n puik 5de plek in die uitdagende sewekamp. Ons is ongelooflik trots op julle!
Ons is ewe trots op die prestasies van ons oud-Affie atlete:
- Hannah van Niekerk (Matriek 2023) verwerf silwer in die 400m-hekkies en goud in die 4x400m-aflos (A-span).
- Zanté van der Merwe (Matriek 2025) verwerf goud in die 4x400m-aflos (A-span/gemeng).
- Kyla Jacobs (van Graan) (Matriek 2012) verwerf silwer in die 5000m.
- Martelize Barnard (Matriek 2025) behaal 5de plek in spiesgooi.
- Nicola Gibbon (Matriek 2018) behaal ‘n plek in die semi-finaal vir die 400m.
- Chantel Makkink (Matriek 2025) neem deel aan 800m.
















