Laerskool Durbanville se SA atlete kook
ADVERTISEMENT
Die volgende 11 atlete van die Laerskool Durbanville het die afgelope naweek aan die SA-atletiekkampioenskappe in Groenpunt, Kaapstad deelgeneem:

Agter van links na regs: Tiaan Janse van Rensburg, Kari van den Heever, Anika Brand, Greyling van den Heever, Silke Aucamp en Josua Muller. Voor van links na regs: Zoë van Zyl, JJ Bester, Martus Schoeman, Christoff Groenewald-Mostert en Hanja Heesakkers.
Die volgende atlete was nasionale medaljewenners:
- Silke Aucamp – 800m Dogters o.13 Goud
- Tiaan Janse van Rensburg – Hoogspring Seuns o.13 Goud
- Josua Muller – Spiesgooi Seuns o.13 Brons
- Kari van den Heever –4 x 100m Aflos Dogters o.12 Silwer
Ons is baie trots op al ons Durbies!









