Hoërskool Goudidni spog met matrikulant van 2026 se vernuwende inisiatief
ADVERTISEMENT
Die matrieks van 2026 by Hoërskool Goudini het vanjaar met ’n besonderse en innoverende inisiatief vorendag gekom iets wat nog nooit tevore by die skool gedoen is nie. Vir die eerste keer in die geskiedenis van HS Goudini is ’n amptelike matriekdas ontwerp en bekendgestel. Hierdie spesiale projek dien as ’n blywende herinnering aan hul matriekjaar en simboliseer die trots, eenheid en nalatenskap van die Klas van 2026.
Die das is met groot sorg en kreatiwiteit ontwerp deur Jaylen Baadjies, wie se visie en talent gelei het tot ’n eindproduk waarop die hele skoolgemeenskap trots kan wees. Die ontwerp weerspieël nie net die gees van die matriekgroep nie, maar ook die waardes en tradisies van HS Goudini. Die positiewe terugvoer van personeel en leerders getuig van die sukses van hierdie besondere projek.
Ons wil die matrieks gelukwens met hierdie geskiedkundige eerste vir die skool en bedank vir die voorbeeld wat hulle stel deur nuwe tradisies te skep. Terwyl die eksamen nou begin het, wens ons elke matrikulant alle sterkte, wysheid en deursettingsvermoë toe. Mag julle harde werk beloon word en mag julle hierdie belangrike fase met selfvertroue aanpak. Die hele HS Goudini-gemeenskap staan agter julle en glo in julle vermoë om sukses te beha
Related articles More from author
An entertaining but MADD week at Curro Durbanville
16th November 2023Stellenberg High School talent competition
16th May 2024Cogratulations to La Rochelle Girls’ High School talented learners
17th November 2025










