Die Graad 8’s van Hoërskool Bredasdorp maak ‘n verskil in die natuur
ADVERTISEMENT
Die gr 8’s het op Donderdag, 21 Mei, fluks in HSB se terrasbeddings in die Heuningberg-reservaat gewerk. Dooie en
gebrande plantjies is uitgehaal, ‘n Port Jackson (indringerboom) is verwyder en foto’s is geneem van nuwe plantjies wat na die afgelope paar dae se goeie reën verskyn het.
Ds Peet Crous (‘n afgetrede predikant wat nou in Agulhas woon) het die groep vergesel en verskeie plante aan die leerders uitgewys.










