HS Punt leerders beleef ‘n asemrowende naweek in die natuur
ADVERTISEMENT
Natuurlewestap
Op die 4de Februarie het 22 leerders saam met Juffrou Nel begin stap na die Rondebossie hut. Met hul aankoms, het die seun gretig begin hout kap. Terwyl almal gewag het vir kookwater het hul begin om ’30 Seconds’ en kaart te speel.
![]()
Na almal lekker vol geëet was, was dit tyd vir bed en om voor te berei vir die bergklim wat hulle moet aanpak die volgende dag. Saterdagoggend was hul dou voor dag besig om koppies koffies en pakkies oats te maak. Om 08:00 het die reis op na die berg na die Diepwalle Hut begin. Op hierdie asemrowende dag was grond gekoop, deursettingsvermoë getoets en herinneringe gemaak.
![]()
Na ‘n dag van bergklim het hul gestort, geëet en lekker Uno gespeel. Teen 10 uur was almal uit soos kers met die wete dat hul weer half 6 moet opstaan Sondagoggend. Op hul laaste dag het almal vinnig opgepak en teen 07:00 was hul reg om huistoe te gaan. Na ‘n kort rukkie se stap het hul die Grootboom bereik en slegs 1.1km later ‘n pragtige piekniekplek waar die bus almal weer opgetel het.
Die leerders wil die skool baie graag bedank vir die geleentheid wat hul gekry het om uit te gaan in die natuur asook die ondervinding wat hul opgedoen het. ‘n Spesiale bedanking aan Mev Nel wat toesig gehou het. Almal is baie dankbaar vir die voorreg om die natuur te beleef en die stilte wat daarmee gepaard gaan.
Dit is defnitief ‘n naweek om te onthou en die skool wil graag elke ander leerder aanmoedig om van die geleentheid van ‘n natuurlewe stap gebruik te maak.” – Stefani Muller, Graad 11 leerder.












