Hoërskool Brackenfell spog met drie Poort skrywers
ADVERTISEMENT
Hoërskool Brackenfell drie Poort-skrywers – Synteché Hodson, Jano Naudé en Steyn du Plessis – het vandag die groot voorreg gehad om hul bekroonde Poort-skryfstukke aan die gasvrye mense van Oasis Life boekklub (in Clara Anna Fontein) voor te lees.
Synteché is vroeër die kwartaal aangewys as Nasionale wenner van die Poort-kompetisie. Jano se opstel en Steyn se gedig word ook opgeneem in die Poort-bundel van 2026.
Die boekklub het die Afrikaans Departement genader en ons leerders uitgenooi om hul werke te kom deel met ‘n groep lieflike, belese hartsmense.
Dit was werklik ‘n sielverkwikkende ervaring en het so baie vir ons drie skrywers – asook gehoor – beteken.Me. Marx hul Afrikaans-onnie, en me. Laubscher, is uitgenooi na hierdie ongelooflike spesiale geleentheid. Dit was beslis een vir die boeke en ‘n ervaring wat nog lank in harte sal eggo.










