Klub Groen by Laerskool De Tyger
ADVERTISEMENT
Laerskool De Tyger wil graag hul leerders ‘n bietjie meer bewus maak van die natuur en hul naby omgewing. In die eerste kwartaal het hulle die skoolterrein en parkie voor die skool skoon gemaak.
In kwartaal twee het Graad 4 – 7 leerders saam met hul onderwysers by Majik Forest gaan stap. Die onderwysers het so bietjie gesels oor die belangrikheid van parke in ons woonbuurte. Leerders het ook rommel opgetel terwyl hulle gestap het. Hulle het afgesluit met ‘n piekniek langs die dam.
Klub Groen – Rommeldag
Klub Groen – Rommeldag
Klub Groen – Majik Forest
Klub Groen – Majik Forest










