Skaak uitblinkers maak Laerskool Gene Louw trots
ADVERTISEMENT
Laerskool Gene Louw is ongelooflik trots op ons Genie-skaakspelers en ons afrigter wat gedurende die skoolvakansie aan die Suid-Afrika Ope Skaakkampioenskap, wat van 27 Junie tot 5 Julie 2026 in Kaapstad aangebied is, deelgeneem het.
Met deursettingsvermoë, fokus en uitstekende sportmangees het hulle die volgende uitslae behaal:
O.11-afdeling
- Hanru Strydom – 5/7 (15de)
- Ian van Eck – 4/7 (28ste)
- Zander Pienaar – 3,5/7 (41ste)
O.13-afdeling
- Christiaan de Villiers – 3,5/7 (39ste)
- Steyn Calitz – 4,5/7 (17de)
- Rafael Josling – 3,5/7 (43ste)
- FG Bester – 3/7 (52ste)
O.9 Dogters
- Gabriella Pienaar – 5/7 (5de) – Suid-Afrikaanse kleure verower!
Kampioen-afdeling
- Afrigter Craig Willenberg – 6,5/9 (5de)
‘n Spesiale gelukwensing aan Gabriella Pienaar met haar uitstekende prestasie en die verowering van Suid-Afrikaanse kleure – ‘n besonderse mylpaal waarop ons ongelooflik trots is!
Baie geluk aan elke speler en aan ons afrigter met julle harde werk, toewyding en uitstekende prestasies. Julle is ware ambassadeurs van die Genie-familie en ‘n inspirasie vir ons jonger skaakspelers. Ons sien uit na nog baie skaaksuksesse!
















