Hoërskool Robertson Frogfoot Rugby 7’s-toernooi uitslae
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Robertson rugby 7’s-span wat gister aan die Frogfoot Rugby 7’s-toernooi te Hoërskool Stellenberg deelgeneem het en met pragspel daarin geslaag het om stof in opponente soos, Brackenfell, Settlers, Kasselvlei, asook Milnerton se oë te skop om tot die finaal van die toernooi deur te dring.
Ons verloor in die finaal ongelukkig 19-7 teen Hoërskool Stellenberg, op hul tuisveld, om met ‘n algehele tweede plek en silwer medalje van die byeenkoms weg te stap. Ons is ongelooflik trots op hierdie span wat met flambojante spel, baie passie en groot doelgerigtheid gesorg het vir baie opwinding. Baie dankie aan almal vir hul ondersteuning. Ons waardeer dit opreg en sien uit na volgende jaar se toernooi waar ons natuurlik sal poog om die bordjies te verhang!











