Hoërskool Upington vs Hoër Landbouskool Marlow
ADVERTISEMENT
Hoërskool Uppington se krieketmanne sluit die seisoen op ‘n hoë noot af met ‘n wen teen Hoër Landbouskool Marlow. Uppies kolf eerste en sit ‘n allemuntige telling van 257 op in hul 50 boulbeurte. Jordan Fortuin slaan 76 lopies van 54 balle. Die Wolramme van Marlow skuif agter die paaltjies in na middagete, maar Uppies se boulers is net te goed en haal hulle vir 110 lopies almal uit.











