HTS Drostdy koor neem deel aan die ATKV-Applous Kompetisie
ADVERTISEMENT
Vanjaar was die tweede jaar wat HTS Drostdy koor aan die ATKV-Applous-kompetisie in die meriete-afdeling deelgeneem het en ons is baie trots om aan te kondig dat hulle as finalis genooi is om aan die nasionale finaal te gaan deelneem.
Baie geluk aan elke koorlid en ook aan die fantastiese span afrigters – mevv. Hanlie Bruyns, Madré Kleynhans en mnr. Arnu Lombard. Julle is tops!










