Hoërskool Framesby kultuur seëvier by die jaarlikse KKiiniK
ADVERTISEMENT
‘n Fees van drama, musiek en dans, die eerste een wat ons in ons Kultuursaal kon hou. Die doel van die KKiiniK is nie net om te spog met ons bestes nie – Milla van der Merwe en Ronaldinho McGear vertrek eersdaags na die nale rondtes van die Proscenium dramakompetisie in Kaapstad – maar ook om ‘n veilige spasie te skep om voor ‘n gehoor op te tree vir ons ontwikkelende jong akteurs en musikante. Ons is werklik trots op die talent in ons skool en sien uit na dit wat uit die KKinnik gaan vloei: ons Kunsweek volgende week, die musiekdepartement konsert op 9 Mei en die optredes van ons twee eenbedrywe op die toneelopeningsaand einde Julie.












