Hoërskool Witteberg Oos-Vrystaat Atletiekbyeenkoms uitslae 2023
ADVERTISEMENT
Hoërskool Witteberg se atlete het op 17 Februarie aangetree vir hul laaste tuis atletiekbyeenkoms vir 2023. Die weer was nie `n man se maat nie. Dit het egter geen Witteberger gekeer om steeds sy alles te gee nie. `n Groot totaal van 45 Silwer-, 38 Goud- en 25 Bronsmedaljes is op die dag deur die bloumassa verower en 10 Rekords is vebeter.
Nuwe rekords:
- Zanri Pelser, D14 5000m Stap
- Jemma Shepherd, D14 5000m Stap
- Andrea Steynberg, D16 800M
- Cara Cilliers, D16 2000M Hindernis
- Leozé Lottering, D16 Spiesgooi
- Anuschka Janse van Rensburg, D17 Hammergooi
- Morapedi Masejane, S16, 110M Hekkies
- Gerhard Bossert, S16 2000M Hindernis
- Aflos Seuns o.16
- Charl Greyling, S19 Hammergooi
Foto: Geneem deur Karin Barnard – Gerhard Bossert in aksie tydens die Seuns o.16 2000M Hindernis waar Bossert ook die rekord verbeter het een eerste geëindig het met `n tyd van 06:36.72










