Agt HS Ermelo atlete by SA Skole Atletiek Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
SA Skole Atletiek Kampioenskappe. Vanaf 16-18 Maart het agt atlete van Hoërskool Ermelo aan die SA Skole Atletiek Kampioenskappe te Germiston deelgeneem. Die Errie-atlete het aan ‘n verskeidenheid items deelgeneem waartydens menige ook hul persoonlike beste tye en/of afstande behaal het. Die uitslae was as volg:
- Luan Greyling: 6de – seuns 0.15 800m-uitdunne
- Kryn Romijn: 4de – seuns 0.15 400m-finaal
- Mia Davel: 6de – dogters 0.17 400m hekkies-uitdunne 8ste – dogters 0/17 hoogspringfinaal,4de – dogters 0/17 4x100m aflosfinaal
- Mia Steenkamp: 4de – dogters 0/17 400m hekkies-uitdunne 4de – dogters 0/17 4x100m aflosfinaal
- Tyrone Berning: 1ste – seuns 0/17 4x100m aflosfinaal 2de – seuns 0/17 400m hekkiesfinaal, 3de – seuns 0/17 hoogspringfinaal
- Bongumusa Vilakazi: 15de – seuns 0/17 1500m-finaal
- Elizma Swart: 5de – dogters 0/15 gewigstootfinaal
- Mikaela Hand: 19de – dogters 0/15 gewigstootfinaal 23ste – dogters 0/15 skyfwerpfinaal
Baie geluk aan elke Errie wat sy/haar beste gegee het nie net vir die skool nie, maar allereers vir die Here wat aan hul hierdie pragtige talente gegee het. Hoërskool Ermelo is baie trots op ‘n ieder en ‘n elk van julle!

Bongmusa Vilakazi

Elizma Swart

Kryn Romijn

Mia Davel

Mia Steenkamp

Mikaela Hand

Tyrone Berning










