Curro Mosselbaai netbalspanne vaar uitstekend
ADVERTISEMENT
Curro Mosselbaai se rugby en netbalprogram was propvol met wedstryde wat elke week plaasgevind het. Die skool wil elke seun en dogter bedank vir hulle positiewe ingesteldheid teenoor die sporte. As daar gekyk word na die uitslae, sal jy sien dat dit harde werk was om sukses te behaal. Ek glo dit is net die begin van Curro Mosselbaai se sukses op die sportveld. Die netbal het uitstekend gevaar en het slegs teen n toerspan van Swellendam op 21 Mei vasgeval met 1 doel. Die senior spanne was skitterend terwyl die junior spanne hulle ook goed van hulle taak gekwyt het.

Hier volg die uitslae:
11 Mei Parkdene High School
0.14: 11 4 Wen
0.15: 9 10 Verloor
2 de span: 19 3 Wen
1 e span: 39 11 Wen
14 Mei Langenhoven Gimnasium
0.14: 8 8 Gelykop
0.15: 15 12 Wen
2 de span: 31 10 Wen
1 e span: 29 10 Wen

18 Mei Grootbrak Sekondere skool
0.14: 11 1 Wen
0.15: 12 5 Wen
2 de span: 27 9 Wen
1 e span: 24 10 Wen
21 Mei Swellendam
1e span: 30 29 Verloor
25/5 Mei George High
0.14: 11 8 Wen
0.15: 12 10 Wen
2de span: 24 9 Wen
1e span: 38 5 Wen











