HS Montana onderwyser is aangewys as ‘n Kaapse Wynland Netbalskeidsregter
ADVERTISEMENT
Dit is vir Hoërskool Montana ‘n groot voorreg om aan te kondig dat mnr Andericco Galant hierdie jaar aangestel is as ‘n Kaapse Wynland netbalskeidsregter.
Hy gaan vanaf 15 – 18 Julie 2026 skeidsregting by die Interdistriktoernooi in Bredasdorp behartig. Hierdie aanstelling getuig van sy toewyding, kundigheid en passie vir netbal.
Ons wens hom alle sterkte toe vir die toernooi en is ongelooflik trots op hierdie prestasie. Hou die Montana-vlag hoog, mnr Galant!










