Hoërskool Transvalia atlete presteer puik by die ASA Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Die Vaaldriehoek het by die onlangse Atletiek Suid-Afrika Klubkampioenskappe ’n totaal van 10 medaljes verower: 3 goud, 5 silwer en 2 brons. Hoërskool Transvalia is besonder trots daarop dat die helfte van hierdie medalje-oes deur Valia-atlete behaal is!
Met ’n span van 22 atlete het ses van ons atlete onder die top 8 in hul onderskeie items geëindig. Spesiale vermelding aan:
- Selna van As (O/20) – Goud: 5000m
- Chantelique Smit (O/16) – Silwer: Spiesgooi
- Taylon v. Breda (O/20) – Silwer: Driesprong | Brons: Verspring
- Lijane J.v. Rensburg (O/16) – Silwer: Hamergooi
- Miane de Clercq (O/16) – 5de: 3000m
- Amorey Katz (O/16) – 5de: Hamergooi
Met die SA Skolekampioenskappe wat einde April plaasvind, sien ons uit na nog puik prestasies en moontlike medaljes! Doen so voort, ons steratlete– julle maak Valia en die hele gemeenskap trots!










