Ligbron Akademie vir Tegnologie fotograwe beloon vir uitsonderlike werk
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se fotoklub het aan die German International Photocup 2026 vir jeugfotograwe deelgeneem en buitengewone goeie uitslae behaal.
Die kompetisie is aangebied onder die akkreditasie van die Internationale Federasie vir Fotografiese Kuns, wat beteken dat dit aan streng standaarde en reëls voldoen het. Deelnemers se foto’s is deur vier verskillende panele vanoor Duitsland beoordeel.

Voor: Karlien Grobler, Jenevieve Kruger en Kyla Eksteen
Agter: Esté Kapp, JW Koekemoer en Bianca Breytenbach
Die Liggies het die volgende uitslae behaal:
- Bianca Breytenbach het algeheel vyfde geëindig. Bianca het nie net eervolle vermelding (FIAP HM) vir haar uitsonderlike werk ontvang nie, maar is ook bekroon met die Medalje vir Beste Jeug-fotograaf in die “Play and Fun” kategorie. Sy het ‘n tweede medalje ontvang in die “Nature” kategorie. Sy het 9 suksesvolle aanvaardings gekry. Foto’s wat aanvaardings kry dring deur na die finale rondte waaruit die wenners aangewys word.
- Kyla Eksteen het ook twee beste jeugmedaljes in die kategoriëe “Nature” en “Fun and Games” ontvang. Sy het eervolle vermelding van die GIP ontvang asook 12 suksesvolle aanvaardings. Bianca ne Kyla se medaljes vestig hulle as twee van die top jong talente op die wêreldverhoog.
- Jenevieve Kruger het vier aanvaardings gekry, Esté Kapp en JW Koekemoer het elk drie aanvaardings gekry en Karlien Grobler een.









