Hoërskool Centurion se fotografieklub presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Hoërskool Centurion se fotografieklub het uitstekend presteer tydens die Internasionale Fotowedstryd van Luxemburg met ’n indrukwekkende 31 aanvaardings, 4 eerbare linte, 1 brons medalje en 1 penning. Die volgende leerders het aanvaardings ontvang: Elmé Smit, Karien Henning, Leandri Marais, Lisa Henning, Mia Vogel, Ruben Roodt, Duané Langner, Esias Riekert, Inge Keyser, Isabella von Wielligh, Leanne Fourie, Merie Langner, Niël Langner en Toanette Marais.
Medaljes en toekennings:
- Brons medalje: Duané Langner
- Penning (meeste punte): Esias Riekert
- Eerbare linte:
- Mia Vogel
- Merie Langner
- Duané Langner
- Inge Keyser
’n Fotograaf ontvang ’n medalje vir ’n eerste, tweede of derde plek, en ’n lint vir ’n vierde of vyfde plek. Baie geluk aan al hierdie talentvolle jong fotograwe wat Hoërskool Centurion se naam internasionaal laat skitter!











