Ligbron Akademie vir Tegnologie Fotograwe is van die bestes in Ermelo
ADVERTISEMENT
Ligbron se fotoklub het aan die 2024 Internationale Fotokompetisie vir Skoliere deelgeneem wat deur die Photo-Club Pétange in Luxembourg aangebied is. Vanjaar se kompetisie was die 37ste van sy soort. Die klub was deel van ‘n Suid-Afrikaanse skolespan, maar het ook as ‘n skoolspan en individueel gekompeteer. Die Liggies het uitsonderlike prestasies behaal.

Lunch Time

The Lost Child
Bianca Breytenbach het vier foto’s ingeskryf wat almal aanvaardings behaal het. Dit beteken hierdie foto’s het ‘n punt bo 16 uit ‘n maksimum van 27 punte behaal het. Haar foto wat die beste gedoen het was Lunch Time (22/27), waarvoor sy ‘n erelint ontvang het. Palesa Pobe het vir drie van die vier foto’s wat sy ingeskryf het aanvaardings gekry. Haar beste foto was The Lost Child (20/27). Die Suid-Afrikaanse span het in totaal uit 95 fotograwe bestaan wat in totaal van 364 foto’s ingeskryf. Uit die 95 spanlede het 63 fotograwe vir 133 foto’s wat hul ingeskryf het aanvaardings gekry. Met hierdie uitslae is die Suid-Afrikaanse span as wêreldkampioene aangewys. Uit die 20 klub- en skoolspanne wat die Suid-Afrikaanse span opgemaak het, het Ligbron gesamentlik derde geeindig saam met Bethal Fotoklub en Images Photo School.
Die skool se klub val onder Ermelo Fotoklub. Die Liggies voel bevoorreg om bygestaan te word deur die klub se beste fotograwe wat hulle met die keuse van hul inskrywings help en hulle verder met raad en daad bystaan. Sonder hulle ondersteuning sou hierdie prestasies nie moontlik gewees het nie en Ligbron spreek graag hul dank teenoor Ermelo Fotoklub uit.

Bianca Breytenbach

Palesa Pobe









