Proteas-krieketspeler loer by alma mater Laerskool Bellville-Noord in
ADVERTISEMENT
Dit was ‘n groot voorreg om GF Linde, oud-leerling van Laerskool Bellville-Noord, 16 Augustus by sy alma mater te verwelkom! Op die nasionale asook internasionale krieketvelde staan hy bekend as “George” Linde.
- Tydens sy besoek, het hy een van sy Proteas-eendagkrieket hemde aan die skool geskenk.
- Laerskool Bellville-Noord is, in aanloop tot die skool se 75ste bestaansjaar in 2025, besig om ‘n Muur van Beroemdes (oud-leerlinge) saam te stel.
- GF se waardevolle internasionale kriekethemp sal met trots ten toon gestel word.
Só word daar ook gepoog om op kulturele en akademiese gebied erkenning te verleen aan oud-leerlinge se uitsonderlike prestasies.
Hy het gou ‘n draai by die twee gr. 7-klasse gaan maak
GF Linde hier saam met van die seniorfase-onderwysers wat hom in hul klasse asook sportspanne gehad het toe hy hier op skool was. Hy het gou ‘n draai by die twee gr. 7-klasse gaan maak. Vlnr: Mnr. Corné Lötter, mnr. Johann Mostert (skoolhoof), GF Linde, me. Michelle McCarthy en mnr. Jacques Viviers.
GF Linde (tweede van regs) met van die huidige graad 7-krieketspelers en mnr. Viviers (regs) wat hom jare terug in krieket afgerig het.










