Hoërskool Overvaal Voortrekkers skerp hul vaardighede op
ADVERTISEMENT
Hoërskool Overvaal se Voortrekkers was die vakansie baie bedrywig by Thaba Veldwerkkamp naby Brits, waar hulle nuwe vaardighede geleer en ongelooflike ervarings opgedoen het.
Graad 8-leerders Nadine Strydom en Christiaan du Toit het die Jagterskursus voltooi, terwyl Louise Oosthuizen en Aneska van Zyl (Gr 9) hulself bewys het tydens die uitdagende Bittereinderskursus.
In Graad 10 het Jessica van der Westhuizen uitgeblink op die Brandwagte-kursus, en ons Graad 12’s, Stefan Immelman en Katelyn Kayser, het die groot eer gehad om as Rigters op te tree – ’n besondere prestasie!
Ons is ongelooflik trots op hierdie Valies!














