Voortrekker lede ontvang nasionale toekenning
ADVERTISEMENT
Ingesluit inligting oor Oos-Kaap leerlinge en onderwyseres. Jeuglede van Die Voortrekkers kan in hul graad 12 jaar die bekroonde Presidentverkenner toekenning op nasionale vlak verwerf nadat hulle ’n deurlopende proses van leierskapontwikkeling vanaf graad 8-12 voltooi het. Jeuglede moet ook ‘n goeie reputasie in hul skool, kerk en die Voortrekkerkommando handhaaf om hierdie toekenning te verwerf.
Die deurlopende Presidentsverkenner proses behels jaarlikse bywoning van kampe asook die suksesvolle voltooing van gespesialiseerde take en opdragte. Die hele proses word dan afgesluit met ‘n nasionale teoretiese eksamen in April en ‘n finale afrondingskamp in Julie.
KL Riana Breytenbach
Herman Lamprecht saam met die skoolhoof van Hoërskool Despatch, Mnr Smit
Ruan Erskine en Henry Muller albei leerling van Hoërskool Framesby in Gqeberha, Ruan Ells en De Villiers Wessels, beide leerlinge van HTS Daniel Pienaar in Despatch en Herman Lamprecht,leerling van Hoërskool Despatch het die nasionale teoretiese eksamen met lof geslaag en die Presidensverkennersproses suksesvol voltooi. Die Hoofdagbestuur van Die Voortrekkers ken daarom aan hulle die Nasionale Presidensverkenner toekenning vir kulturele leierskap toe wat op Saterdag 19 Augustus tydens ‘n spoggeleentheid in Despatch aan hulle oorhandig is.
Tydens die geleentheid het Riana Breytenbach (onderwyseres by Laerskool Altona in Gqeberha) ook haar 40 jaar getroue diens toekenning ontvang. Haar Voortrekker loopbaan het in Graad 1 in Reitz in die Vrystaat begin en sy het deur die jare op verskeie bestuursvlakke gedien waar sy belê het in die groei en ontwikkeling van die Afrikaner jeug en Die Voortrekker beweging. Baie geluk aan al die Voortrekker lede met die verwerwing van die spesiale toekennings.Hou Koers!
vlnr: Ruan Erskine, Mev Mariska Basson (Kultuurhoof: Hoërskool Framesby), Henry Muller
: Ruan Ells, De Villiers Wessels, Mev Muntie Griebenouw (spanoffisier) en Herman LamprechVoo










