Graad 7-leerlinge het die Voortrekker Nasionale Toetskamp bygewoon
ADVERTISEMENT
Voortreflike Voortrekkers Graad 7-leerlinge van verskeie Oos-Kaap skole het die Voortrekker Nasionale Toetskamp te Boknes bygewoon. Tydens hierdie kamp word jeuglede geëvalueer op 3 gebiede:
- Leierskap
- Praktiese vaardighede soos kaartwerk, noodhulp, touwerk
- Kennis oor Afrikaner geskiedenis en Voortrekker kennis

Die leerlinge het hierdie kamp met vlieënde vaandels geslaag. Hulle verwerf die hoogste toekenning wat ‘n laerskool jeuglid vir Voortrekkers kan ontvang naamlik die Nasionale Voorslag toekenning. Baie geluk, ons is baie trots op jou!
- Laerskool Lorraine – Dian Boshoff en George van Niekerk
- Laerskool Sunridge – Karlien Le Roux en Lara Jacobs
- Laerskool Charlo – Danel Boshoff
- Laerskool Frans Conradie – Ruan van der Merwe
- Laerskool Sonop – Melaney van Greunen
- Laerskool Newton Park – Evanthia Camarinos
- Laerskool Verkenner – Tifany Botes
- Tuisondderig – Migael Bezuidenhout en Katelyn O’Neil









