Gebiedsjeugleiers verkies vir Die Voortrekkers Oos-Kaap
ADVERTISEMENT
Op 27 April is Albert Hugo (Tuisonderrig leerder) en Mia Human van Hoërskool Despatch verkies tot Gebiedsjeugleiers van Die Voortrekkers: Oos-Kaap vir 2023/2024. Gebiedsjeugleiers is die hoogste rang wat ‘n jeuglid in die Voortrekkers kan beklee en hierdie jeuglede het reeds van jongs af hulle liefde vir die Voortrekkers begin uitleef en goeie leiereienskappe gewys.
Die Gebiedsjeugleiers: Oos-Kaap van 2022/2023 Ruan Ells (Hoërskool Daniel Pienaar) en Henry Muller (Hoërskool Framesby) het die afgelope jaar ‘n projek aangepak om ‘n verskil onder hulle Voortrekkers maats te maak. Hierdie jong manne het met wit olifant tafel verkope ‘n mooi som geld ingesamel wat aangewend gaan word vir mede Voortrekker jeuglede wat nie die kampgelde kan bybring sodat almal die geleentheid kry om te kamp. Mooi so manne dit was knap gedaan.
Uitredende jeugleiers 2022/2023

Henry Muller saam met Adjunk Gebiedsleier Riana Breytenbach

Ruan Ells saam met Adjunk Gebiedsleier Riana Breytenbach
Nuut Verkose jeugleiers 2023/2024

Mia Human saam met Adjunk Gebiedsleier Riana Breytenbach










