Oos-Kaap Voortrekkers verwerf Nationale toekenning
ADVERTISEMENT
Die Voortrekkers se visie vir laerskoolleerders is om hulle voor te berei om leiers van hul eie lewe te wees en hulle voor te berei vir hulle lewe as volwassene eendag.
Jeuglede is tydens vele spanbyeenkomste, kampe en aktiwiteite vanaf Gr R tot Gr 7 blootgestel aan verskillende onderwerpe om hulle algemene kennis te verbreed en hulle vaardighede te verbeter. Hulle selfvertroue is verbeter en leierseienskappe is ontwikkel. Hierdie onderwerpe is deur kundiges uitgekies om ook hulle gesindheid teenoor Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap te beinvloed.
In ’n Voortrekker se Gr 7 -skooljaar kry laerskoolleerders die geleentheid om te kwalifiseer vir die Voorslagtoekenning. Die Voorslagtoekenning is die hoogste toekenning wat ‘n laerskoolleerder in Die Voortrekkers kan verwerf. Die toekenning is ‘n Nasionale toekenning wat deur die Hoofdagbestuur toegeken word nadat hulle aan die minimum vereistes voldoen het, word hulle uitgenooi na ’n Nasionale toetskamp.
Tydens die afgelope skoolvakansie het 10 Gr 7 jeuglede van Die Voortrekkers : Oos-Kaap deelgeneem aan die nasionale toetskamp. Tydens hierdie kamp, moet hulle leiding neem ten op sigte van sang, seremonies, spele en voor ’n paneel van ten minste 3 volwassene ’n situasie besprekings doen waar hulle leierskap op informele wyse getoets word. Hulle harde werk, toewyding is beloon met die Voorslagtoekenning. Brons, Silwer of Goud afhangende van hulle toelatingsvereistes en die finale punt wat behaal is tydens die nasionale kamp. Baie geluk aan al die jeuglede, Oos-Kaap Voortrekkers is voorwaar trots op die leiers van more.
Van Links na regs: (Kragga Kamma Kommando) Roubert Botha van Laerskool Sunridge Park, Donathan Smith van Laerskool Verkenner, Lené Botha van Laerskool Sunridge Park, Pierre De Vries van Laerskool Sunridge Park.
Roxy Van Der Merwe (Despatch Kommando) van Laerskool Frans Conradie.
Bjorn Pilcher (Despatch Kommando) van Threefold Cord Academy.
Meonette Bolleurs (Ruiterwag Kommando) van Laerskool Verkenner.
Joshua Kruger (Ruiterwag Kommando) van Laerskool Verkenner.
Mia Vorster (Ruiterwag Kommando) van Laerskool Verkenner.
Adjunk Gebiedsleier Riana Breytenbach saam met Mia Janse van Rensburg (Ruiterwag Kommando) van Laerskool Verkenner. Foto geneem deur Anton De Klerk.
Geskryf deur Riana Breytenbach










