Hoër Meisieskool La Rochelle debatteerders kan praat
ADVERTISEMENT
AfriForum se Dink of Sink-onvoorbereide debatskompetisie het op 8 Mei by DF Akademie plaasgevind. Die kompetisie bied jong debatteerders die geleentheid om hul vaardighede te ontwikkel en bevorder Afrikaanse debatkuns op skool- en universiteitsvlak.
Baie geluk aan Hoër Meisieskool La Rochelle se junior Dink of Sink-span, Livia Lategan, Heleen-Mari Viljoen en Micke Gildenhuys, wat as naaswenners geëindig het tydens AfriForum se Wes-Kaapse uitdunrondte op 8 Mei by DF Akademie. Altesaam 159 leerders van 16 hoërskole het aan dié onvoorbereide debatskompetisie deelgeneem.










