Hoërskool Randburg leerders word genooi na die NEA Eisteddfod Gala Prysuitdeling
ADVERTISEMENT
Van Hoërskool Randburg se leerders is genooi na die NEA Gala Prysuitdeling na afloop van die 28ste NEA Eisteddfod seisoen.
- Malea Avis (Graad 8) is aangewys as itemwenner in drie van die vier items waaraan sy deelgeneem het.
- Janique Kruger (Graad 9) ontvang ‘n Ambassadeurstoekenning vir haar Tap Straight solo. Sy word ook aangewys as Nommer 6 op die Algehele Senior Top 10.
- Keira Bester (Graad 9) is ‘n itemwenner in die Dramatiese Monoloog (Graad 9).
- Ethan Bester (Graad 11) is itemwenner in twee items. Hy ontvang ook ‘n ambassadeurstoekenning vir sy Afrikaans Liriese Poësie en word aangewys as Nommer 9 op die Algehele Senior Top 10.

Malea Avis

Janique Kruger

Keira Bester

Ethan Bester









