Laerskool Bellville-Noord geniet weer die 80’s danksy skoolhoof se verjaarsdag
ADVERTISEMENT
Op (27/3) het Laerskool Bellville-Noord te lekker op die goeie musiek van die 80’s gedans toe ons mnr. Viviers (waarnemende skoolhoof) se verjaarsdag van Woensdag (25/3) uiteindelik kon vier. Woensdag was die tweede deel van ons skool se gewilde interne Skoolstap wat jaarliks in die week voor die eerste vakansie plaasvind en ons kon toe nie sy verjaarsdag ook vier nie.
Die tema van die feesvieringe was “The 80’s” en almal kon aantrek asof hulle in die 80’s was. Daar was werklik ‘n groot aantal uitstekende (en soms uiters helder) voorbeelde van kleredrag uit daardie tyd. Ons het ook vroeër die oggend, tydens die laaste saalbyeenkoms van kwartaal, die gelukstrekkingspryse van ‘n fondsinsameling (deur ons skool se Langasems Landloopklub) uitgedeel.

















