Hoërskool Swellendam vier hul 110 de verjaarsdag
ADVERTISEMENT
Hoërskool Swellendam vier vanjaar 110 jaar! Hierdie jaar is die skool se verjaarsdag bietjie anders gevier. Die skool het ‘n geesweek gehad wat afgeskop het met ‘Anything but a schoolbag’ en daarna ‘n dag waar jy ‘n reël kon koop om te breek. Die hoogtepunt was verseker toe die onderwysers sopnat ‘gedunk’ is deur die leerders! Ons sien dan ook vreeslik uit na die 110 jaarfees later die jaar in Junie, wat Hoërskool Swellendam bevoorreg is om aan te bied.









