Die Brandwag Hoërskool leerder behaal ‘n 1ste plek in die Kragoptel-kampioenskap
ADVERTISEMENT
Stephené Loubser leerder van Die Brandwag Hoërskool het onlangs ’n 1ste plek in die Oos-Kaap Equipped Kragoptel-kampioenskap behaal en kwalifiseer daarmee vir die Oos-Kaapspan wat op 12 April aan die SA Equipped Kragoptel-kampioenskap gaan deelneem. Chanté Mulder is ook gekies vir die span as verdedigende kampioen van 2024.










