Onvergeetlike week van gees en talent by Laerskool Vredekloof
ADVERTISEMENT
Die week van 27 tot 31 Julie was ‘n hoogtepunt op Laerskool Vredekloof se kalender met die jaarlikse Klofie Geesweek. Leerders het vier dae lank hul skoolgees uitgeleef ter voorbereiding vir die interskole teen Laerskool Bellpark.
Die week was gevul met prettige aktiwiteite soos hoelahoep-uitdagings, ‘n doughnut-kompetisie en saamdans, wat groot opgewondenheid onder die leerders geskep het.
Tydens Klofies Got Talent het leerders hul uiteenlopende talente ten toon gestel met sang, dans, klavierspel en elektriese kitaar. Die gehoor is beïndruk deur die kreatiwiteit en selfvertroue van die deelnemers.
Die senior koor het ook aan die Hugenote Koorfees in Wellington deelgeneem en die besondere voorreg gehad om saam met die bekende kunstenaar Rocco de Villiers op te tree – ‘n eerste vir een van Vredekloof se kore.
Ons is ongelooflik trots op al ons Klofies wat gedurende hierdie week hul talente, skoolgees en trots op ons skool op ‘n besondere wyse uitgeleef het.










