Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria skaakspelers presteer
ADVERTISEMENT
Agt skaakspelers van Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria het Saterdag aan die D4-Distrik se Tshwane Suid Individuele Skaakkampioenskap deelgeneem. Die kompetisie het uit 5 rondtes met ‘n tydskontrole van 60:60 bestaan. In die o.15-afdeling het Xavier Bath ‘n derde plek behaal, Darius Swanepoel ‘n vyfde plek, Christopher Jansen van Vuuren ‘n agtste plek en Altus van der Merwe ‘n sewentiende plek. Ryan McPhail wen die o.18-afdeling. In dié afdeling behaal Wessels Grobler ‘n vyfde plek, Wihan Koster ‘n agtste plek en Hechter Ferreira ‘n negende plek.
Mooi so, manne!














