Laer Volkskool skaakspelers presteer by die Blitz skaaktoernooi
ADVERTISEMENT
Op Woensdagmiddag, 22 Junie het die leerlinge van Laer en Hoër Volkskool asook Union skole aan ‘n Blitz skaaktoernooi deelgeneem. Die toernooi het plaasgevind by Farmland.
Drie van Laer Volkskool se seuns, Jeandré Theron, Michyle Mostert en Johan Viljoen wen elk ‘n kontantprys vir derde plek. Baie geluk aan al die leerlinge wat so pragtig gespeel het en aan die organiseerders mev H Rose-Innes en Farmland.

















