Onderhoude–Welkom-Gimnasium Netbal Eerstespankaptein-Hayley Wedderspoon
ADVERTISEMENT
Lees die spesiale uitgawe vir die Classic Clash tussen Welkom Gim vs Goudveld hier. Dis propvol spanfotos, onderhoude en al die aksie. Ons gesels met netbal eerstespankaptein van Welkom Gim-Hayley Wedderspoon.

Hayley Wedderspoon
Carpe Diem – Gryp die dag. Derbydag is uiteindelik hier…die allerbelangrikste dag op ons netbalkalender. Wat n absolute voorreg om vir die Gimmies te kan speel. Ons is bly om die Gouties as gaste te kan verwelkom. Mag sportmangees seëvier en mag beide spanne hul staal toon.
‘n Hartelike dankie aan almal agter die skerms.
- Ons ouers vir die rondkarwei en aanmoediging.
- Ons afrigter vir ure se raad,uittrap,ondersteuning en vir die liefde wat ons laat voel ons kan enige iets bereik.
- Ons Gimmies langs die baan-sonder julle aanmoeding sal ons nie so sterk kon wees soos wat ons vandag is nie.
- Aan my spanmaats:Ons staan saam, ons speel vir mekaar en vir ons Gimmie familie.
Onthou:Inspanning bring voorspoed!! Ek laat my span met ‘n aanhaling van Confucius:”Waarheen jy ook al jou tree rig,sorg dat jou hart in elke tree is” Sterkte…kom ons maak dit n Derby om te onthou!









