Laerskool Malelane netbalspanne kwalifiseer vir die ESN Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Malelane se o.12 en o.13-netbalspanne wat gekwalifiseer het vir die ESN Kampioenskappe wat op Saterdag, 23 Mei plaasvind! Julle, asook Juf. Marli en Juf. Steffie se harde werk, deursettingsvermoë en toewyding maak ons ongelooflik trots!
Dankie dat julle ons skool met trots verteenwoordig! Ons wens julle alle sterkte toe vir die Kampioenskappe, speel met passie, geniet elke oomblik en hou aan om julle drome na te jaag!











