Hoërskool Framesby sê dankie vir skaakklok skenking
ADVERTISEMENT
Hoërskool Framesby wil graag dr. Albert Nelmapius opreg bedank vir die betekenisvolle skenking van vier skaakklokke aan ons skool. Dit is vir ons besonder spesiaal om dit van ‘n oudskolier wat self deel van die skool se 1ste skaakspan was, te ontvang. U bydrae sal ‘n groot verskil maak vir ons skaakspelers, wat nou die geleentheid het om beter voor te berei. Dit is wonderlik om te sien hoe oudleerders steeds betrokke
bly en die volgende generasie ondersteun. Baie dankie vir u ruimhartige skenking.










