Hoërskool Outeniqua skaakspelers skop stof in hul opponente se oë
ADVERTISEMENT
Die jaar spog Hoërskool Outeniqua met baie spanne by Topskole. Die onder 15 A, B en C spanne het almal in George topskole op Saterdag 26 Julie deelgeneem. Na ses rondtes het die A-spanne as wenners uit die stryd getree en gaan deur na die volgende rondte by Eden Topskole. Veels geluk ook aan die B span wat 3de geeindig het.Die afgelope naweek, die 16de Augustus, het die Kwagga skaakspelers hulle staal weereens by die Eden Top skole by Carp Diem gewys. Beide die o. 17 A en o. 15 spanne tree as wenners van die Eden Topskole uit die stryd.

Voor v.l.n.r: Ulrich Schmidt, Kaylum Winster, Arno du Plessis, Shenwin Petersen Agter v.l.n.r: Anneke Erasmus, Hendrik Stander, Hanko Scholtz, Marnu Marx, Nina du Plessis Afwesig : Carlos van Niekerk, Ryan Hone en Liam de Waal.
Verder stap die o. 15 A-span weg met 4 van die dag se bordpryse. Die volgende spelers stap weg met bordpryse. Op bord 3: Nina van Niekerk, Bord 4: Hendrik Stander, Bord 5: Anneke Erasmus en Bord 6: Shenwin Petersen. Die o. 17 A span wen bord pryse op bord 1-4. Op bord 1 stap Ryan Höne weg met die bord prys, ord 2 Arno du Plessis, bord 3 Liam de Waal en Hanko Scholtz op bord 4.Ons sien uit wat die Kwaggas gaan maak by Wes Kaap topskole in Hermanus op die 5de tot 7de September.











