Ligbron Akademie vir Tegnologie is onstuitbaar op die rugbyveld
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se rugbyspanne het die afgelope naweek vriendskaplike wedstryde teen Hoërskool Hoogenhout gespeel. Na die moelike voorseisoen met sterk kompetisie was die Liggies slaggereed vir die dag en het hulle daarin geslaag om deurgaans op die aanval te wees. Al die spanne het goeie hardlooprugby gespeel, wat gelei het tot ‘n fees van drieë. Die voorspelers was ‘n onstuitbare muur in die skrums, wat keer op keer uitgeloop het op opwindende tweede fase spel.
Ligbron Akademie vir Tegnologie het welverdiende uitslae behaal.
Die volledige uitslae lyk soos volg:
- O.14 A 78 – 0
- O.14 B 61 – 0
- O.15 A 33 – 10
- O.15 B 26 – 5
- O.16 A 36 – 7
- O.16 B 32 – 0
- 3des 31 – 7
- 2des 48 – 10
- 1stes 48 – 10











