Hoërskool Volksrust wys karakter by NWU Super-16 Gholf
ADVERTISEMENT
Hoërskool Volksrust het op 24 April 2026 met trots aan die NWU Super-16 Gholfreeks by Goldfields West Gholfklub deelgeneem en algeheel 9de geëindig teen sterk mededinging.
Die baan was besonder nat en swaar reën het veroorsaak dat spel ná 9 gate gestaak is. Ten spyte van die moeilike omstandighede het ons spelers kalm gebly en steeds akkurate houe onder druk geslaan.
Die span het bestaan uit Caitlyn Swiegers Gr. 12, Jacques Cronje Gr. 9, Zander Lottering Gr .9 en Divan Ueckerman Gr. 8. Elke speler het Volksrust Hoërskool met trots en sportmangees verteenwoordig.










