Laerskool Courtrai skaakspeler gekies om SA te verteenwoordig
ADVERTISEMENT
Miguel Alho (graad 2, 8 jaar oud) van Laerskool Courtrai het gedurende die skoolvakansie aan die SA Junior Geslote Skaakkampioenskappe deelgeneem. Die toernooi het oor 6 dae gestrek. Hy eindig 4de in die o.8 ope afdeling. Aangesien hy onder die top 5 geeïndig het, is hy gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in die Afrika Jeug Skaakkampioenskappe, asook by die Statebond Skaakkampioenskappe.










