Laerskool Wierdapark leerders presteer puik by die SA Junior Geslote Skaaktoernooi
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan ons 4 Wieries wat die vakansie deelgeneem en mooi gevaar het. Ons wens vir Sanli van Zyl (gr.4) geluk met haar mooi prestasie, sy wen 7 rondtes van 9 en behaal ‘n 3de plek (o.10 Dogters afdeling). Sanli word aangewys as Junior Master! Ons is ongelooflik trots op haar, wel gedaan!
- Liané van Zyl (gr. 1) wen 4 rondtes van 9,
- Reuben Barkhuizen (gr. 2) wen 4,5 rondtes van 9.
- Simon Barkhuizen (gr. 5) wen 4,5 rondtes van 9.
Pragtige werk Wieries, julle laat die Groen Kampioenhart warm klop!










