Merensky Landbou Akademie Frikkie Deysel Atletiekbyeenkoms ‘n groot sukses
ADVERTISEMENT
Die Frikkie Deysel Atletiekbyeenkoms is op Vrydag, 7 Februarie 2025, by Merensky Landbou Akademie aangebied en was ‘n dag vol opwinding, indrukwekkende prestasies en rekordpogings. Agt spanne van sewe skole het deelgeneem, naamlik Hoërskole Piet Potgieter, Louis Trichardt, Pietersburg, Frans du Toit, asook Stanford Lake College, HTS Tom Naudé en natuurlik Merensky Landbou Akademie. Vyf nuwe rekords is opgestel:
- Sophia van Wyk (Merensky): Dogters 19 – 400m Hekkies – 1:07.69
- Jané Buitendach (Merensky): Dogters 17 – 3000m – 10:39.94
- Sven Hedin (Merensky): Seuns 16 – 400m Hekkies – 55.35
- Leandré de Lange (Merensky): Dogters 16 – 100m Hekkies – 15.68
- Chrizette Odendaal (Louis Trichardt): Dogters 16 – 200m – 26.82
Die atlete het sterk vertonings gelewer, met die volgende atlete wat trofeë verower het:
- Junior Victrix Ludorum: Kholofelo Khanyago (Hoërskool Piet Potgieter)
- Senior Victrix Ludorum: Chrizette Odendaal (Hoërskool Louis Trichardt)
- Junior Victor Ludorum: Tshepo Malatji (Hoërskool Frans du Toit)
- Senior Victor Ludorum: Sven Hedin (Merensky Landbou Akademie)
Die Merensky Blou-span, het as die algehele wenners van die dag uit die stryd getree. Oudergewoonte het die mascots van die deelnemende skole gesorg vir groot vermaak toe hulle mekaar op die 100m die stryd aangesê het – ‘n hoogtepunt wat die skare behoorlik aan die lag gehad het. ‘n Spesiale woord van dank gaan aan PNA en NTT Isuzu, Tzaneen, vir hul ondersteuning as borge vir die dag. Die Plasies sien nou uit na die volgende groot uitdaging, naamlik die Bosveld Interhoër wat op Vrydag, 21 Februarie 2025, by Northern Academy in Polokwane plaasvind. Die span is vasberade om hul sukses voort te sit en nog prestasies te lewer. Sterkte, Plasies!

Frikkie Deysel

Frikkie Deysel

Frikkie Deysel

Leandré de Lange

Leandré de Lange

Magnus Steyn, Sven Hedin en borge

Sophia van Wyk

Sophia van Wyk

Sven Hedin

Sven Hedin









