Hoërskool Swellendam swemmers is soos visse in die water
ADVERTISEMENT
Swellies se B-liga swemspan het op die 6de Februarie aan die jaarlikse La Rochelle swemgala deelgeneem. Hoërskool Swellendam was een van 12 groot skole wat hierdie geleentheid bygewoon het. Ander skole sluit in: Hoërskool Hermanus, Worcester Gimnasium en Hts Drostdy.![]()
Dié swemmers het voorwaar hul kant gebring in die water en puik resultate behaal. Swellendam het algeheel 5de geëindig met ‘n totale puntetelling van 466 punte!










