Skitter swem prestasies deur Laerskool Eikestad
ADVERTISEMENT
Laerskool Eikestad o. 7- tot o.13-Eikieswemmers het die 11de November aan Klein Boishaai se jaarlikse Prestige swemgala in die Paarl deelgeneem.
Daar was 9 skole wat aan die gala deelgeneem het en ons leerders het dit baie geniet. Ons swemmers het hul goed van hul taak gekwyt. Baie dankie aan elke swemmer wat die dag ‘n reuse sukses gemaak het. Ons is trots op julle.


















