Laerskool Truida Kestell leerders presteer uitstekend in Nautilus Wiskunde
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Luther Nel en Elizabeth van Staden van Laerskool Truida Kestell met hul uitstekende prestasies in die Nautilus Wiskunde-kompetisie. Elizabeth het ‘n besondere eerste plek behaal, terwyl Luther met ‘n puik tweede plek geëindig het.
Hierdie prestasies is die resultaat van harde werk, deursettingsvermoë en ‘n liefde vir wiskunde. Julle het nie net jul eie vermoëns bewys nie, maar ook die naam van die skool met trots uitgedra. Die Truidjies is ongelooflik trots op julle prestasies en wens julle alle sterkte toe met toekomstige uitdagings en kompetisies. Hou aan om uitnemendheid na te streef.










