Netbaldag by Laerskool Bellville-Noord
ADVERTISEMENT
Saterdag, 23/5, het Laerskool Bellville -Noord weer die uiters gewilde BN Netbaldag aangebied. Die skole wat teenwoordig was, was onsself (Bellville-Noord), Aristea, De Tyger, Excelsior en Labiance.
Ons o.12’s was die beste span op hul baan en het die prys as baanwenners ontvang. Veels geluk! Ons wens ook al die ander skole se spanne wat as baanwenners aangewys was geluk.
Ons wil ‘n groot DANKIE sê aan ons borge, die OOV wat weer lekker eetgoed verkoop het, almal wat kom ondersteun het, en natuurlik al die meisies wat in aksie was. Daar was pragtige netbal gespeel en al die meisies wat deelgeneem het kan baie trots wees op hulself.Veels geluk aan al ons netbaldames wat hierdie dag georganiseer het.










